beskrywing
Hierdie knus 2 slaapkamer woonstel is geleë in die pragtige Tyger Waterfront met 'n ongelooflike uitsig oor die stil waters. As jy instap gee die nuwe houtteëlvloere jou 'n gevoel van tuiste. Die kombuis is toegerus met 'n elektriese stoof en oond. Albei kamers bied oorgenoeg kasspasie en die hoofslaapkamer gee jou 'n pragtige uitsig oor die waterfront. Die badkamer het 'n bad met 'n stortkop. Water en elektrisiteit is NIE by prys ingesluit nie. Woonstel is veselgereed, maar wifi is teen HUURDERS-koste. Geen troeteldiere sal op die perseel toegelaat word nie. Vir meer inligting kontak my gerus.